Vaste Bandering

Ortodontiese draadjies is ‘n gewilde en effektiewe manier om tande te belyn. Hulle funksioneer deur sagte druk op die tande met verloop van tyd toe te pas, wat hulle geleidelik na die verlangde nuwe posisies toe beweeg.
In ons praktyk is ons trots om aan ons pasiënte die nuutste tandheelkundige tegnologieë en metodes te bied. Draadjies het oor jare heen baie verander en meer verfynd geraak en ons het nou meer gemaklike opsies om van te kies.

Metaal aanhegtings (draadjies)

Draadjies (bandering) bestaan ​​uit ortodontiese aanhegtings en boogdrade. Die aanhegtings word aan die voorkant van die tande bondeer, en die boogdraad word in die gleufies van die aanhegtings geplaas. Rekkies word oor die vlerke van die aanhegtings geplaas om die boogdrade in plek te hou en ‘n bietjie kleur by te voeg. Dit is vir hierdie rede dat metaal aanhegtings so gewild is by ons kinder pasiënte. Daar is niks meer opwindend as om jou kleurvolle rekkies tydens elke besoek uit te kies nie.

Keramiek aanhegtings (draadjies)

Keramiek aanhegtings lyk soortgelyk aan metaal aanhegtings, maar word vervaardig met tandkleurige materiale, wat dit minder opvallend maak. Keramiek aanhegtings is meer gewild by ons ouer en volwasse pasiënte omdat dit meer esteties vertoon.

Elke tipe aanhegting het sy eie voordele en nadele. Na ‘n deeglike konsultasie sal ons die beste opsie aanbeveel op grond van jou spesifieke behoeftes en doelwitte.

Die draadjies proses

Indien jy belangstel in ‘n draadjie behandeling, sal ons begin deur n volledige ortodontiese evaluasie te doen. Hierdie ondersoeke behels X-strale, fotografie en n digitale afbeelding (scan) van jou gebit, asook n gesigs ondersoek en n evaluasie van jou kaakgewrig.

Hierna sal die ortodontis n volledige behandelingsplan met die pasiënt en sy ouers bespreek. Alle belangrike aspekte wat behandeling vinniger en meer suksesvol maak sal ook bespreek word, bv die voltydse gebruik van intra-orale rekkies, uiters goeie mondhigiene beheer en samewerking wat van die pasiënt vereis word.

Om die draadjies op jou tande te plaas behels n proses waar die tande goed droog en skoongemaak word en dan daarna word die aanhegtings een vir een op die tande bondeer met behulp van n tandkleurige komposiet materiaal. Die bonderings materiaal word dan hard gemaak (gekuur) met n kragtige wit lig.

Opvolgafsprake geskied elke 6-8 weke om nuwe boogdrade te plaas, boogdrade stywer vas te heg en om ligatuur rekkies te vervang. Met elke opvolgbesoek kan nuwe kleur ligatuur rekkies gekies word.