Draadjies
Vir Kinders
Eerste Fase Ortodontiese Behandeling
Kinder pasiënte se ortodontiese probleme word anders benader as volgroeide volwasse pasiënte. Groei moet inag geneem word aangesien daar skeletale en dentale veranderings geskied tydens groei. Behandelings doelwitte is ook verskillend van volgroeide pasiënte.
Tipes ortodontiese behandeling beskikbaar vir kinders
Daar is verskillende onderskeppende prosedures vir eerste fase behandeling. Die erupsie van permanente tande, vroeë verlies van primêre tande, skeletale klassifikasie, dentale wansluiting, periodontale probleme, afwesige tande asook die hoofklagte van die pasiënt speel n rol in die behandelingsplan. Elke geval is uniek en ons sal die moontlike behandelings opsies vir n pasiënt verduidelik en dit met hulle bespreek. Die moontlike behandelings opsie is:
- Draadjies (Vaste bandering): Dit is die tradisionele metaal aanhegtings wat aan elke tand geheg word en waardeur n boogdraad geplaas word.
- Vaste spasie behouers: Dit is vaste apparate wat geplaas word om spasie te behou indien daar vroeë verlies van n primêre tande (melktand) was of as daar leidrifspasie behou wil word om toekomstige spasie gebrek te beperk. Dit word gebruik wanneer ‘n melktand verwyder is of voortydig gewissel het. Die spasie behouer hou die spasie oop sodat die permanente tand kan erupteer terwyl dit verseker dat die ander tande nie skuif nie.
- Gewoontebrekers: As ‘n kinder pasiënt ‘n abnormale gewoonte ontwikkel het, soos bv. om duim te suig, gebruik ons gewoontebrekers om dit reg te stel. Hierdie gespesialiseerde toestelle verhoed dat die gewoonte voortduur terwyl dit jou kind se byt verbeter.
Ortodontiese behandeling doen meer as om net jou kind se glimlag te verbeter – dit versterk hul selfvertroue en laat hulle floreer in hul daaglikse lewe. As ouers kan jy jou kind die geskenk gee van ‘n pragtige, gesonde glimlag wat ‘n leeftyd kan duur.
Versoek ’n afspraak
BEL ONS