Tiener
Ortodonsie
Vir ‘n tiener kan dit ‘n groot uitdaging wees om selfversekerd te voel. Jou liggaam is besig om te verander, en jy navigeer ‘n hele nuwe stel sosiale en emosionele uitdagings. Een van die belangrikste selfbeeld versterkers is ‘n wonderlike glimlag, en dit is waar ortodontiese behandeling ‘n groot rol speel.
Die belangrikheid van ortodontiese behandeling vir tieners
Daar is verskeie redes waarom tieners ortodontiese behandeling kan benodig. ‘n Mooi glimlag met goed belynde tande is n baie groot verbetering van selfbeeld vir enige tiener pasiënt. Gebondelde tande kan verskeie mondgesondheidsprobleme veroorsaak. Skewe tande kan dit byvoorbeeld moeilik maak om behoorlik te borsel en te vlos, wat kan lei tot tandbederf en tandvleissiekte. Ongelyke tande kan ook abnormale slytasie op die tande veroorsaak, wat tot tand sensitiwiteit en selfs tandverlies kan lei.
Nog ‘n rede waarom ortodontiese behandeling vroeg van kardinale belang is, is dat skewe tande probleme met praat en eet kan veroorsaak. Tieners met ortodontiese wansluitings kan probleme ondervind om duidelik te praat, wat hul kommunikasie en sosiale interaksies beïnvloed.
Die beste tyd vir ortodontiese behandeling
Teen die ouderdom van 12-14 jaar het die meeste van die permanente tande in die mond te voorskyn gekom (uitgesluit die verstandtande). Nadat al die permanente tande dus teenwoordig is kan ons akkurate ontledings doen soos bv. spasiegebrek teenwoordig, spasiërings tussen tande, verhoudings tussen bo en ondertande, kruisbyte, voor- en oorbyte ens.
Baie tieners sal op hierdie ouderdom een of ander vorm van ortodontiese behandeling benodig. Dit is dan ook hierdie ouderdom waar pasiënte baie meer self bewus raak oor die voorkoms van tande en is hierdie pasinte ook dikwels hoogs gemotiveerd om ortodontiese behandeling te laat doen. Dit is ook n sosiaal aanvaarbare ouderdom om ortodontiese behandeling te laat doen aangesien baie maats ook op hierdie ouderdom draadjies het.
Tipes ortodontiese behandeling vir tieners
Daar is verskillende tipes ortodontiese behandeling wat gebruik kan word om ortodontiese wansluitings te herstel. Die mees algemeen is tradisionele metaal draadjies. Tandkleurige aanhegtings is n alternatiewe wyse van behandeling wat die aanhegtings minder opvallend maak.
Deurskynende belyner behandeling kan ook oorweeg word by minder komplekse ortodontiese wansluitings. Tydens jou konsultasie afspraak in ons praktyk sal die ortodontis vir jou n aanduiding kan gee of jy moontlik n geskikte kandidaat is vir hierdie opwindende tipe van behandeling. Hierdie verwyderbare plaatjies word vervaardig van ‘n deursigtige, plastiek materiaal wat amper onsigbaar is wanneer dit gedra word en is spesiaal gemaak om akkuraat op jou tande te pas. Jy gebruik elke stel plaatjies (bo en onder) vir n periode van 7-14 dae waarna jy die volgende stel plaas om die tande stadig in hul korrekte posisie te beweeg.
Ortodontiese behandeling vir tieners is baie opwindend en hierdie pasiënte floreer so dikwels deurdat hulle tande so mooi belyn word. Hulle mooi nuwe glimlagte gee hulle dikwels soveel meer selfvertroue.
Versoek ’n afspraak
BEL ONS