Deurskynende
Belyners
Deurskynende Belyners is ‘n meer onopsigtelike alternatiewe wyse van behandeling as tradisionele draadjies om tande te belyn en wansluitings te herstel. Deurskynende belyners bestaan uit n reeks deurskynende plaatjies wat die pasient ontvang en dan elke 7 -14 dae vervang met n nuwe stel sodat tande geleidelik belyn word. As gevolg van hulle meer onopsigtelike voorkoms is deurskynende belyners n gewilde keuse vir volwassenes en tiener pasiënte.
In ons praktyk gebruik ons twee produkte naamlik Spark en Invisalign® wat hoë kwaliteit belyners is wat tans beskikbaar is.
Hoe werk deurskynende belyners?
Deurskynende belyner behandeling behels n reeks plaatjies wat elke 7-14 dae geruil word met die volgende stel plaatjies. Elke stel plaatjies plaas ligte kragte op tande om die tande te belyn en die wansluiting geleidelik te herstel. Die belyners moet 20-22 uur per dag gedra word om effektief tande te kan beweeg. Rekkies word ook soms saam met belyners gebruik en die rekkies moet ook 20-22 uur per dag gedra word om effektief te wees. Elke agt weke sal ons ‘n besoek skeduleer om jou vordering te evalueer en veranderinge aan te bring soos nodig.
Ons handelsmerke
Versoek ’n afspraak
BEL ONS