Dr Rudie Swart
Ortodontis
Dr Swart is gebore in die Vrystaat waar hy sy laerskool jare deurgebring het. Hy matrikuleer in 1972 aan die Hoërskool Gimnasium te Potchefstroom.
Hy behaal sy graad in tandheelkunde in 1978 aan die Universiteit van Pretoria. Dieselfde jaar trou hy met een van sy mede tandheelkunde studente, Louise van der Merwe.
Na n aantal jare in haar eie privaat praktyk, het Louise haar by Dr Swart se personeel aangesluit as praktyk koordineerder en is tans die finansiële bestuurder in die praktyk.
Helena, hulle enigste kind en dogter, studeer self tandheelkunde aan die Universiteit van Pretoria en kwalifiseer as tandarts in 2007. Sy voltooi haar 4 jaar nagraadse studie in ortodonsie in 2016 by die skool vir tandheelkunde, Universiteit van Pretoria. Sy is tans n voltydse ortodontis in ons praktyk.
Dr Rudie se wye reeks belangstellings en stokperdjies strek van fotografie, natuurlewe en boogskiet, tot by die ywerige versameling van ‘Dinky Toys’ skaalmodelle en perdesport. Helena, sy dogter, was vir n aantal jare lid van die nasionale S.A. Saalperd ruiterkuns span en vandaar sy betrokkenheid by hierdie fassinerende perdesport.
Kwalifikasies
-
B.Ch.D. (Tandheelkunde) – Skool vir Tandheelkunde, Universiteit van Pretoria – 1978
-
B.Ch.D. (Honneurs) – Skool vir Tandheelkunde, Universiteit van Pretoria – 1982
-
M.Ch.D. (Ortodonsie) Cum Laude – Skool vir Tandheelkunde, Universiteit van Pretoria – 1986
Professionele Geskiedenis
-
2004-2016 Deeltydse konsultant betrokke by die nagraadse ortodontiese program by die Mond- en Tandheelkundige Hospitaal, Universiteit van Pretoria.
-
1987 – present, Uitsluitlik privaat ortodonsiepraktyk, Pretoria
-
1983 – 1986, Nagraadse ortodontiese opleiding (4 jaar voltydse studie), Skool vir Tandheelkunde, Universiteit van Pretoria
-
1980 – 1982, Senior tandarts, Departement van Gesondheid, deeltydse nagraadse studies – Skool vir Tandheelkunde
-
Mond- en Tandheelkundige Hospitaal, Universiteit van Pretoria
-
1978 – 1980, Nasionale Militêre Opleiding en Tandheelkundige Beampte – 3 Militêre Hospitaal, Bloemfontein
Professionele organisasies
-
Lid van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Ortodontiste (SASO) sedert 1987.
-
Lid van die Suid-Afrikaanse Tandheelkundige Vereniging sedert 1978.
-
Sekretaris van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Ortodontiste 1987 – 1990.
-
Tesourier van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Ortodontiste 2006 – 2008.
-
Lid van die Oostelike Tshwane Ortodontiese Studiegroep (ETOS).
-
Lid van die Kolleges van Geneeskunde van Suid-Afrika sedert 2015.
