“’n Mooi glimlag is ansteeklik!”

Ons praktyk

Ons ortodontiese praktyk het ’n besondere en inspirerende begin gehad. Jare gelede het Dr Louise die potensiaal van die grond raakgesien toe dit nog oop en onontwikkel was. Met visie en geloof in diegrond aangekoop, en die praktyk is van die grond af gebou volgens die voorkeur en standaarde van haar en haar man, Dr Rudie.

As ortodontis het Dr Rudie die praktyk begin, met Dr Louise aan sy sy as steunpilaar en medebouer van hul droom. Met jare se ervaring, toewyding en passie vir ortodonsie het hy die fondament gelê vir ’n praktyk wat op vertroue, sorg en uitnemendheid gebou is. Later het hul dogter, Dr Helena Swart, ook as ortodontis by die praktyk aangesluit. Dit is ’n werklik spesiale storie – pa en dogter wat saam werk, waar ervaring en moderne tegniek hand aan hand gaan tot voordeel van elke pasiënt.

Ons praktyk is trots daarop om ’n veilige, warm en betroubare omgewing vir ons pasiënte en personeel te skep. Oor die jare het ons die voorreg gehad om baie gesinne te behandel – ouers, en vandag ook hul kinders en selfs kleinkinders. Hierdie voortgesette vertroue is vir ons die grootste eer en motivering om voort te gaan met die hoogste standaard van sorg.